Dae

Ure

Min

Sec

Ons Storie

Johan en Monét se reis saam het in 2023 heel onverwags afgeskop! Nadat die lewe ’n paar wye draaie met elkeen van hulle geloop het, het ’n vriend se suster hulle op ’n dag aan mekaar voorgestel en aangemoedig om mekaar beter te leer ken. Hul eerste afspraak was tydens een van Johan se eksamenmerksessies in Johannesburg. Monét het toe nog in Weltevredenpark gewoon saam met haar vier wollywe – Bonnie, Tyler, Muggie en Tommy. Die vier was stille getuies van iets wat spoedig van verlief wees na liefde gegroei het. Johan het geweet dat as hy Monét se diere aan sy kant kan kry, dit kinderspeletjies sal wees om haar hart te wen!

Wat soos toeval gelyk het, het gou iets besonders geword. Die heen-en-weerryery tussen Pretoria en Weltevredenpark het baie ver begin voel, aangesien selfs die honde saam moes ry as Monét vir Johan gaan kuier het en andersom. Dit is toe dat Monét, onder aanmoediging van Johan, besluit het om aansoek te doen vir ’n onderwyspos in Pretoria, wat toe ook goed uitgewerk het. Alles het net in plek geval! God se plan vir hul lewens het sigbaar geword, en ná 18 maande (wat vir Monét soos ’n ewigheid gevoel het!), op Monét se verjaarsdag, het Johan haar Dullstroom toe geneem, en soos die naweek aanbeweeg het, het hy by elke plekkie gestop om ‘n foto van ‘n spesiale herinnering vir haar te stuur. Die laaste stop (by die gastehuis), het Johan twee spesiale foto’s vir haar gewys met die vier diere wat met ‘n ring ‘pose’. Natuurlik het sy ja gesê! Nie net het Johan vir Monét nou in sy lewe gehad nie, maar sommer ook ’n hele huis vol diere!

Skedule vir die naweek

Aanmeld by Rustic Gem – 18de Desember 2026, 15:00

Kom geniet die naweek saam met ons in die rustige Bosveld! Pak ’n naweektas en laat alle sorge agter. Bly vir 2 aande oor in jou eie gerieflike houthuisie, toegerus met elektrisiteit (gratis vir al ons gaste), maak jouself gemaklik en berei voor vir die Vrydagaand-braai. Die lapa is perfek vir ’n gesellige aand waar ons almal saam kan ontspan en mekaar beter kan leer ken. Rustic Gem het ook ’n swembad, ’n 4x4-baan en ’n lekker staproete wat gaste kan geniet. Alles (ook die troukapel) is binne stapafstand. Pak asseblief gemaklike klere in vir die naweek, asook swemklere, handdoeke, sonbrandroom en muskietweerder. Lees meer oor Rustic Gem by: https://www.rusticgem.co.za

Troudag – 19de Desember 2026, 15:30

Gaste is welkom om die oggend ’n lekker laat ontbyt by die lapa te maak en die plaas te geniet, veral die swembad!

Die troue vind om 15:30 by die kapel plaas. Drag is semi-formeel.

Daar is ’n heerlike 3-gangmaaltyd op die spyskaart! Kom asseblief honger!

Vertrek – 20ste Desember 2026, 10:00

Kuier vir oulaas saam tydens ontbyt! Baie dankie dat julle die naweek saam met ons kon geniet!

Akkommodasie

Alle verblyf is gratis en reeds gereël. Dit is spesiaal so gereël sodat ons gaste nie onnodig ver in die donker hoef te ry nie. Die laaste gedeelte van die pad is ’n grondpad. Ry asseblief stadig en versigtig. Die houthuisies is met elektrisiteit toegerus. Ablusieblokke het stortgeriewe.

Daar is ook ’n opsie om te kampeer (op dieselfde terrein, met elektrisiteit en ander geriewe). Laat weet asseblief voor die tyd.

Die kombuis (insluitend yskas) sal tydens die naweek tot ons beskikking wees.

Die bestuurder het ons verseker dat die terrein veilig is. Onthou egter dat ons in Suid-Afrika woon en altyd moet uitkyk vir enigiets ongewoon en onsself veilig moet hou.

’n Heerlike 3-gangmaaltyd met groot verskeidenheid word Saterdagaand, 19 Desember 2026, tydens die onthaal bedien.

Bring asseblief eie ontbyt, middagete, braaivleis, bykosse, drinkgoed en braaigereedskap vir die res van die naweek. Kombuis- en ablusiegeriewe en stoele is beskikbaar. Breekware, messe, vurke en glase word verskaf. Saterdag- en Sondagoggend kan jy jou eie ontbyt maak, en Saterdagaand sal ons die ete voorsien!

Gaste is welkom om hul eie drank vir die naweek saam te bring. Ons versoek egter vriendelik dat alle gaste ná afloop van die trouseremonie, tydens die onthaal, van die kroeg gebruik sal maak (kontant en kaartmasjien beskikbaar). Die kroeg sal gaste tot en met middernag bedien.

Om in te pak:

Semi-formele klere vir die troue.

Swemklere en handdoeke.

Gemaklike somersdrag vir die res van die naweek (stapskoene as jy wil rondloop).

Kos vir Vrydagaand, Saterdagoggend en Sondagoggend.

Snoeperye en drinkgoed.

Sonbrandroom en muskietafweerder.

Sambrele indien dit dalk sou reën.



Trougeselskap

Elize Volschenk

Elize Volschenk

Monét se vriendin van laerskooldae, en ook die hoof-strooimeisie.

Danie Nel

Danie Nel

Johan se broer wat die hoof-strooijonker is.

Bibi Pharenqua

Bibi Pharenqua

Johan se niggie, en Monét se strooimeisie.

Brad de Waal

Brad de Waal

Johan se broer asook sy strooijonker.

Ons Wittebroodfonds

Indien jy ons met 'n geskenk wil bederf, het ons 'n wittebroodfonds vir jou gerief opgestel. Dit stel jou in staat om op 'n manier by te dra wat ons reis saam werklik spesiaal sal maak.


Bank: FNB

Account Holder: M Smith

Account Number: 63175072817

Branch Code: 250655

Ekstra Inligting

Word kinders na die troue genooi?

Kleintjies (kinders jonger as 4 jaar oud) is welkom om saam te kom, maar kinders ouer as 4 moet dan as 'n ekstra gas gesien word, en ons het ongelukkig nie spasie vir nog gaste nie.

Teen wanneer moet ons RSVP?

RSVP asseblief teen 15 Oktober, 2026.

Is die troue en die onthaal by dieselfde lokaal?

Ja. Rustic Gem bied verblyf/akkommodasie, die kapel en die onthaalvertrek.

Wat moet ons alles aanbring?

Semi-formele klere vir die troue, gemaklike somersklere vir die res van die naweek. Vrydagaand 'n bring-en-braai, Saterdagoggend kamp-ontbyt, swemklere en sonbrandroom!

Ligging

RSVP

Vul asseblief die vorm in om te RSVP vir ons troue. Ons sien uit daarna om ons spesiale dag met ons hartsmense te deel.

Gratis akkommodasie vir 2 nagte is ingesluit vanaf Vrydag 18 Desember 2026 om 15:00 tot Sondag 20 Desember 2026 om 10:00. Kom geniet die naweekwegbreek saam met ons in die natuur!

RSVP asseblief voor 15 Oktober 2026.

RSVP Vorm
Vir enige verdere inligting is jy welkom om vir Monét 'n WhatsApp te stuur.
WhatsApp